Logo

Rumkoek uit landes

18 Oktober

Gebak

4

Soos gesien in die derde episode van Terwyl ek wag

Rumkoek Uit Landes – Terwyl ek wag
Bestanddele

350 ml Volroommelk

90 g Mielieblom

160 g Suiker

1 knippie Sout

1 Suurlemoen se skil fyngerasper

3 eetlepels Rum

4 Groot eiers

20 g Ekstra suiker

ekstra Botter en meel vir koekpan

Metode
  • Verhit melk in kastrol oor medium hitte
  • Voeg mielieblom by en klits goed
  • Voeg suiker, sout, skil en 2 eetlpl rum by
  • Roer gereeld totdat sous verdik het, moet nie laat kook nie
  • (Indien sous begin kook of klonte maak, verwyder van hitte en klits tot glad)
  • Verwyder van hitte en laat afkoel vir paar minute terwyl eiers voorberei word
  • Skei eiers, plaas gele in bakkie en witte in aparte mengbak
  • Klits eiergele een-een by melkmengsel
  • Klits eierwitte met elektriese klitser tot sagte punte vorm
  • Voeg 20g suiker by en klits tot stywe punte vorm
  • Vou versigtig met metaallepel by res van beslag
  • Smeer 22cm losboompan met botter
  • Gooi ‘n bietjie meel in pan en roteer totdat bodem en kante bedek is, skud ekstra meel uit
  • Vul ’n oondpan met hoë rante halfpad met water vir bain marie
  • Bedek die buitekant van losboompan met twee lae foelie
  • Skep beslag in, maak bokant versitig gelyk, plaas in water en bak in oond teen 170˚C (waaier) vir 80 minute
  • Indien koek te gou begin verbruin, bedek losweg met foelie*
  • (Ek doen dit na ongeveer 20 minute)
  • Laat afkoel in pan
  • Bedien louwarm

*Herwonne foelie is nou beskikbaar!

Gewildste Resepte