Logo

Clafouti

11 Oktober

Gebak

3

Clafouti (of clafoutis) met druiwe en bloubessies.

Clafouti – Terwyl ek wag
Bestanddele

2 Eiers

2 Eiergele

1 teelepel Vanielje-ekstrak

1/2 teelepel Amandelekstrak

3/4 koppie Strooisuiker

5 eetlepels Bruismeel

1 knippie Sout

1 knippie Fyn neutmuskaat

1 koppie Vars room

1 koppie Gewone volroom jogurt

1 koppie Pitlose groen druiwe

1 koppie Bloubessies

Botter om tertbak te smeer

Metode
  • Klits eiers, eiergele, vanielje, amandelekstrak en strooisuiker saam
  • Klits meel, sout en neutmuskaat by
  • Voeg room by, klits goed
  • Klits jogurt by
  • Smeer tertbak goed met botter en gooi beslag in
  • Rangskik druiwe en bessies bo-op
  • Bak in oond teen 190˚C (waaier) vir 30 tot 35 minute
  • (Bedek losweg met foelie ná eerste 12 minute indien te vinnig verbruin)
  • Laat afkoel, Clafouti sal nog effens beweeglik in die middel wees en heelwat sak
  • Bedien louwam
Koffie roomys – Net Koffie
Net Koffie – Poster
Sub Titel

Koffie roomys

Gewildste Resepte