Logo

Wessels se bloukaas-en-vye-botterbroodjies

12 Botterbroodjies

Gebak

3

Tydens die tuigebak-uitdaging van die semi-finaal het die Koekedoor Wessels geurige bloukaas-en-vye-botterbroodjies voorberei. Hier is sy resep.

Wessels-se-gebak-1
Bestanddele

280 g koekmeel

20 ml bakpoeier

5 ml sout

60 g botter

2 groen vye

50 g bloukaas

100 g Cheddarkaas

1 eier

190 ml melk

Metode
  1. Sif droë bestanddele saam.
  2. Vryf botter in meelmengsel in tot dit soos krummels lyk.
  3. Roer vye, bloukaas en cheddar by.
  4. Klits eiers en melk en sny versigtig met mes by meelmengsel to deeg vorm.
  5. Rol sowat 1.5 cm dik uit en druk sirkels van sowat 6 cm uit.
  6. Smeer melk bo-op en bak vir sowat 12 minute tot goudbruin en gaar.

 


Hierdie resep is eksklusief tot kykNET en die bakboek Koekedoor 2. Dit mag slegs met die toestemming van kykNET en Human & Rousseau gepubliseer word, hetsy elektronies of in druk.

 

Gewildste Resepte