Logo

Wessels se Franse botterkoekies

01 Julie

4 Porsies

Gebak

5

Dié souterige Franse botterkoekie is perfek soos dit is en Koekedoor se Wessels het net die soutkant ’n hupstoot gegee met stukkies bros spek.

Wessels-Franse-gebak-1
Bestanddele

4 eiergele

125 g strooisuiker

150 g botter

200 g koekmeel

10 ml bakpoeier

5 ml growwe sout

100 g gerookte spek

Metode
  1. Klits eiergele en suiker tot bleekgeel en dik.
  2. Sif droë bestanddele saam en vou by eiermengsel tot deeg vorm.  
  3. Rol die deeg uit tussen twee velle waspapier. Koel af tot styf.
  4. Smeer met eiergeel en melk.
  5. Krap lyne, vertikaal, horisontaal en diagonaal met ‘n vurk.
  6. Bak sowat vyf minute of tot begin bruin word.
  7. Druk sirkels van ongeveer 6 cm uit.
  8. Bak vir 'n verdere 10 minute tot gaar.

Wenk:

  1. Die koekies verhard soos hulle afkoek.

 


Hierdie resep is eksklusief tot kykNET en die bakboek Koekedoor 2. Dit mag slegs met die toestemming van kykNET en Human & Rousseau gepubliseer word, hetsy elektronies of in druk.

 

Gewildste Resepte