Logo

Sampioensous

11 Junie

4 Porsies

Gebak

4

Tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt het sjef Maritha Steyn heerlike sampioensous voorberei. Kry haar resep hier.

Groot-Ontbyt-3-1
Bestanddele

1 groot prei

250 g sampioene

25 g botter

100 ml aftreksel

150 ml room

sout

peper

Metode
  1. Braai die preie in ‘n bietjie olie tot sag maar nie bruin nie. Skep uit en hou apart.
  2. Sny die sampioene in skywe en plaas in ‘n koue pan met die botter bo-op. Geur met sout en peper. Plaas op ‘n medium-warm stoofplaat met ‘n deksel op. Laat stadig sweet totdat ‘n sous vorm.
  3. Voeg die preie en aftreksel by. Bring tot kookpunt.
  4. Voeg die room by en laat stadig prut totdat die sous effens verdik.
  5. Bedien dadelik.
Groot-Ontbyt-4-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2016-06-11

Lamsribbetjies met aartappel-kors en rooiwynsous

Gewildste Resepte