Logo

Lamsribbetjies met aartappel-kors en rooiwynsous

11 Junie

4 Porsies

Gebak

4

Sjef Maritha Steyn het tydens ’n uitsending van Die GROOT Ontbyt smullekker lamsribbetjies, wat gekomplimenteer word met ’n aartappel-kors en rooiwynsous, voorberei. Hier is haar resep.

Groot-Ontbyt-4-1
Bestanddele

Lamsribbetjie:

200 g aartappels

3 ml roosmaryn

1 huisie knoffel

1 eiergeel

6 rugstring tjoppies

sout

peper

Rooiwynsous:

750 ml rooiwyn

15 ml aalbessie-jellie

1 takkie roosmaryn

15 ml botter

Metode

Vir die lamsribbetjie:

  1. Rasper die aartappels. Droog in 'n teedoek deur die water goed uit te druk. Plaas in 'n mengbak en voeg die roosmaryn, knoffel en eiergeel by. Geur met sout en peper en meng goed.
  2. Maak die beentjies van die tjoppies, sowat 2,5 cm lank, skoon (Frenching).
  3. Plaas die tjoppies met die vet kant op die pan tot die vet net begin afgee.
  4. Druk die aartappel op elke rakkie (tjoppies) aan die vetkant. Plaas op 'n bakplaat in 'n vooraf verhitte oond, (180 °C) vir sowat 20 tot 30 minute.

 

Vir die rooiwynsous:

  1. Plaas al die bestanddele in 'n kastrol en bring tot kookpunt.
  2. Verlaag die hitte en kook af tot omtrent 200 ml wyn oor is.
  3. Klits die botter by met 'n ballonklitser. Bedien.
Groot-Ontbyt-3-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2016-06-11

Sampioensous

Gewildste Resepte