Logo

Rooibok-boud

21 Junie

4 Porsies

Gebak

4

Sjef Suzanne Crozier het tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt heerlike rooibok-boud voorberei. Kry haar resep hier.

Die-GROOT-Ontbyt-4
Bestanddele

1/2 rooibok-boud

250 g spek

netvet

500 ml rooibostee

500 ml karringmelk

2,5 ml naeltjies

25 ml koljander

8 takkies tiemie

3 lourierblare

3 wortels

2 uie

2 selderystingels

Metode
  1. Gebruik 'n mes en maak 'n insnyding saam met die grein. Steek 'n stukkie vet daarin. Herhaal met die hele stuk vleis, bo en onder.
  2. Bedek die boud met die netvet.
  3. Meng die tee, karringmelk, nealtjies, koljander en kruie saam. Giet in 'n diep bak
  4. Plaas boud in die marinade en marinner oornag. Draai dit halfpad om. Hou toe met kleefplastiek.
  5. Verhit oond teen 120 °C. Plaas groente op die bodem van 'n diep oondbak.
  6. Skraap bietjie van die marinade af en plaas boud bo op die groente. Maak toe met foelie en bak vir ses ure.
  7. Draai die oond na 100 °C en bak vir nog ses ure.
  8. Giet van die sous af en verdik met mielieblom. Bedien met groente en aartappels.
Groot-Ontbyt-9-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2016-06-21

Geroosterde hoender met patats

Gewildste Resepte