Logo

Geroosterde hoender met patats

21 Junie

4 Porsies

Gebak

4

Koskonsultant Heleen Meyer het tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt gewys hoe om geroosterde hoender met patats voor te berei. Dié gereg is ideaal vir die kosblik.

Groot-Ontbyt-9-1
Bestanddele

3 teesakkies

125 ml kookwater

8 - 10 hoender

2 groot patats

10 ml avokado-olie

5 ml sout

5 - 8 takkies tiemie

swartpeper

Metode
  1. Plaas teesakkies in ‘n beker en skink kookwater oor. Laat ‘n paar minute staan om te trek tot dit redelik sterk is.
  2. Voorverhit die oond teen 180 °C. Verwyder oortollige vet van die hoenderporsies en plaas met patats in ‘n oondbak.
  3. Meng die res van die bestanddele met die tee en skink oor die hoender en patats.
  4. Bedek met foelie en rooster vir 20 minute. Verwyder die foelie en rooster nog 20 minute of tot die hoender en patats gaar is.
  5. Sit met ‘n slaai as aandete voor. Bêre enige oorskiethoender vir die kosblikke.

 

Kosblik:

  1. Kook enige klein pasta vorms die vorige aand.
  2. Laat afkoel en meng met 'n skeut Westfalia suurlemoen-gegeurde avokado-olie.
  3. Voeg die volgende dag enige vars slaaibestanddele van jou keuse by en onthou om 'n klein porsie pasta te skep en liewer meer vars bestanddele te gebruik.
  4. Gebruik 'n derde pasta en twee derdes groente en avokado.
  5. Op die manier is daar nie te veel verfynde stysel in die maaltyd nie, maar heelwat natuurlike vesel en voedingswaarde.
  6. Kersietamaties, soetrissie, geblansjeerde broccoli en vars avokado is baie lekker.
  7. Meng liggies deur en geur met swartpeper

 

Groot-Ontbyt-10-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2016-06-21

Gevulde filo-driehoekies

Gewildste Resepte