Logo

Gevulde filo-driehoekies

4 Porsies

Frans

3

Sjef Maritha Steyn het tydens ’n uitsending van Die GROOT Ontbyt filo-driehoekies, gevul met amandels,voorberei. Kry die resep hier.

Groot-Ontbyt-10-1
Bestanddele

170 g amandels ontdop

60 g versiersuiker

1 groot eier geskei

5 ml lemoenbloeisel-ekstrak

1 ml kaneel fyn

4 velle filodeeg

olyfolie

200 ml heuning

olie (om te braai)

Metode
  1. Kap die amendels grof. Braai liggies in ‘n droë pan.
  2. Meng die amandels, eierwit, lemoenbloeisel-ekstrak en kaneel saam.
  3. Plaas die filo op ‘n skoon werksoppervlak en borsel met olyfolie. Sny in stroke van 7,5 cm wyd en 23 cm lank. (Hou die stroke bedek sodat dit nie uitdroog nie.)
  4. Plaas ‘n teelepel vol van die amandelvulsel op die een punt van elke strook. Vou toe soos ‘n driehoek en dan weer oor om ‘n volgende driehoek te vorm. Hou so aan tot aan die einde van die strook.
  5. Smeer die laaste punt met ‘n bietjie van die eiergeel om die punt vas te plak.
  6. Verhit die heuning oor medium-hitte totdat dit loperig is. Hou warm.
  7. Verhit die olie in ‘n diep pan. Braai die driehoekies tot goudbruin. Draai een maal om.
  8. Dreineer op kombuispapier en plaas dan versigtig in die heuning vir sowat 5 minute.
  9. Haal versigtig uit die heuning en laat die meeste heuning afloop deur die driehoekies op ‘n afkoelrak te plaas.
  10. Sit die driehoekies in ‘n enkellaag op ‘n bord en besprinkel met amandel. Bedien by kamertemperatuur.
Groot-Ontbyt-9-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2016-06-21

Geroosterde hoender met patats

Gewildste Resepte