Logo

Patatskywe met maaskaas-vulsel en dadelballetjies

4 Porsies

Gebak

3

Hierdie resep is tydens 'n uitsending van Die GROOT Ontbyt voorberei.

Die-GROOT-Ontbyt-4-1
Bestanddele

Appel-en-dadelballetjies:

25 amandels

500 ml hawermout

125 ml dadels

60 ml fyn klapper

5 ml kaneel

2 appels

Patatskywe met maaskaasdoopsous:

20 ml avokado- of olyfolie

60 ml suurlemoensap

30 ml water

20 ml vars gemmer

1 klein brandrissie

1 huisie knoffel

2 uie

6 - 8 klein patats

swartpeper

180 ml gladde maaskaas

koljanderblare

Metode

Vir die patatskywe en maaskaasdoopsous:

  1. Voorverhit die oond teen 180 ˚C.
  2. Meng olie, suurlemoensap, water, gemmer, brandrissie en knoffel in 'n groot bak. Voeg uie en patat by en meng tot bedek met die olie-mengsel. Geur met peper.
  3. Plaas groente met al die oortollige oliemengsel in ‘n oondbak. Rooster vir 30 minute of tot die patats gaar is.
  4. Roer die uie met al die pansappe by die maaskaas en sit as ‘n doopsous saam met die patats voor. Garneer met koljanderblare.

 

Vir die appel-en-dadelballetjies:

  1. Meng amandels in 'n voedselverwerker tot grof gemaal. Dit moet sowat 60 ml (¼ k) gemaalde amandels wees.
  2. Voeg die hawermout by en meng tot 'n fynerige meel vorm. Voeg die dadels, klapper en kaneel by en meng deur.
  3. Skep die gerasperde appels by die mengsel en meng met die voedselverwerker tot dit amper soos koekiedeeg lyk.
  4. Rol balletjies van sowat 15 ml (‘n eetlepelvol) van die mengsel.
  5. Verpak in 'n lugdigte houer en bêre in die yskas vir nie meer as 3 tot 4 dae nie.


Groot Borg: Pharma Dynamics Cooking from the heart Groot Borg: Pink Lady® Appels Klein Borg: SA Lamb and Mutton / Skaapvleis SA

 

Die-GROOT-Ontbyt-2
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2016-07-27

Kaas-en-spek-broodkoek vir ontbyt

Gewildste Resepte