Sjef Suzanne Crozier het tydens ’n uitsending van Die GROOT Ontbyt gewys hoe maklik dit is om heerlike lentil-en-botterskorsiesop voor te berei. Probeer gerus haar resep.
Bestanddele
20 g botter
15 ml olyfolie
100 ml uie
3 huisies knoffel
375 ml botterskorsies
125 ml seldery
410 g tamaties
20 ml tamatiepuree
750 ml groente-aftreksel
250 ml lentils
1 lourierblaar
5 ml komyn
10 ml koljanderblare
sout
peper
Metode
Smelt botter in pot en voeg olyfolie by. Voeg dan uie, knoffel, komyn en die helfde van die koljanderblare by. Voeg dan die botterskorsies en seldery by en braai.
Na sowat 15 minute, voeg tamaties, tamatiepuree, groenteaftreksels, lentils en lourierblaar by en laat prut vir sowat 30 minute.
In 'n voedselverwerker, meng die helfde van die sop en voeg by die oorblywende sop. Geur na smaak.
Voeg die oorblywende koljanderblare by en bedien met anysbrood