Logo

Lasagne bakkies

02 Augustus

4 Porsies

Gebak

3

Tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt het sjef Annelien Pienaar tuisgemaakte lasagne pakkies voorberei. Kry haar resep hier.

Die-GROOT-Ontbyt-3-1
Bestanddele

Lasagne:

350 g witbroodmeel

3 heel eiers

1 eiergeel

45 ml water

100 g botter of olyfolie

Vulsel:

500 g maalvleis

45 ml olyfolie

1 medium ui

45 ml koekmeel

100 ml aftreksel

1 wortel

1 selderystingel

2.5 ml gerookte paprika

sout

rooipeper

mozzarella

Metode

 

  1. Plaas al die bestanddele in 'n voedselverwerker en draai die lem totdat die deeg 'n bol vorm.
  2. Verwyder deeg en knie vir twee minute om gladde bal te vorm.
  3. Laat deeg rus vir 30 minute.
  4. Rol van pasta deeg: maak seker dat jy te alle tye genoeg meel beskikbaar het om die deeg mee droog te hou. As die deeg te nat is sal dit in die roller vas steek.
  5. Rol deeg met pastaroller tot op stelling twee. Rol deeg met koekroller tot ongeveer 3 mm dik.
  6. Druk sirkeltjies van ongeveer 10 cm in deursnee.

 

Vorming van pasta:

  1. Voorverhit oond teen 200 ℃ en smeer die agterkante van die kolwyntjie pannetjies met botter of kossproei.
  2. Smeer elke sirkeltjie aan beide kante met botter of olie.
  3. Plaas elke sirkeltjie bo-op die omgekeerde kolwyntjiepan se agterkant.
  4. Bak die sirkeltjies vir 10 tot 15 minute tot goudbruin en bros.
  5. Plaas op afkoelrak.

 

Alternatiewe gaarmaakmetode:

  1. Voorverhit olie in 'n diep kastrol.
  2. Plaas een deegsirkeltjie tussen twee teesiffies. Hou die twee siffies stewig vas en druk in die warm olie.
  3. Braai tot goudbruin en dreineer. Plaas eenkant om af te koel.

 

Voorbereiding:

  1. Braai ui in olyfolie tot gaar. Voeg koekmeel by die uie en roer goed deur. Voeg die aftreksel by en laat opkook om te verdik.
  2. Voeg maalvleis by en kook tot gaar. Met 'n houtlepel, maak die maalvleis fyn.
  3. Sodra maalvleis gaar is, voeg die groente by en kook vir 'n verdere vyf minute.
  4. Voeg geurmiddels by.
  5. Skep dan lepels vol gaar maalvleis in die gaar pasta-bakkies en sprinkel 'n dik laag mozzarella oor en rond af met origanum.
  6. Rooster die kaas tot gesmelt en bedien warm met 'n soetrissie- of rooiui-marmelade en 'n groen tuinslaai.
Die-GROOT-Ontbyt-4-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2016-08-01

Patatskywe met maaskaas-vulsel en dadelballetjies

Gewildste Resepte