Logo

Gebakte aartappels

01 Julie

4 Porsies

Gebak

3

Tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt het sjef Maritha Steyn gebakte aartappels voorberei. Kry haar resep hier.

Die-GROOT-Ontbyt-1-1
Bestanddele

4 aartappels

30 ml botter

sout

peper

30 ml pecorinokaas

1 e broodkrummels

Metode
  1. Voorverhit 220 ºC.
  2. Skil aartappels indien jy dit so verkies, plaas in 'n bak koue water om te verhoed dat dit verbruin.
  3. Plaas aartappels op 'n groot hout- of staallepel en maak insnydings regoor die aartappel met 'n skerp mes (sowat 3 tot 5 mm uit mekaar). Wees seker om tot teen die lepel te sny en dus nie die aartappel regdeur te sny nie. Plaas aartappel terug in water en herhaal proses met elke aartappel.
  4. Sodra al die aartappels gesny is, plaas dit in 'n vlak oondvaste bak of oondpan wat gesmeer is met olie. Bedrup met 15 ml botter, en geur met sout en peper.
  5. Bedek met foelie en bak vir sowat 30 tot 40 minute.
  6. Verwyder nou foelie en bedrup met die oorblywende botter. Bestrooi met kaas en broodkrummels en geur met nog bietjie sout en peper.
  7. Plaas weer in oond en bak vir sowat 20 minute of totdat aartappels verbruin.
Die-GROOT-Ontbyt-2-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2016-07-01

Sjokolade-en-peer-poeding

Gewildste Resepte