Logo

Corli se Delft-troukoek

1 Groot troukoek met vyf lae

Gebak

4

Kry die resep vir die Koekedoor-wenner Corli se Delft-troukoek hier.

Corli_Koekedoor_troukoek-1
Bestanddele

Botterkoek:

360 g bruismeel

350 ml witsuiker

350 g gesoute botter

6 groot eiers

80 ml melk

10 ml vanieljegeursel

Botterversiersel:

575 g botter

125 g wit margarien

20 ml Actiwhite-poeier

1 kg versiersuiker

30 ml melk

Gesoute karamel-vulsel:

400 g witsjokolade

80 g gesoute botter

160 ml dun room

60 g donker bruinsuiker

15 ml gouestroop

2,5 ml Maldon-sout

Harde versiersel (royal icing):

80 ml warm water

45 ml Actiwhite-poeier

2,5 ml kremetart

500 g versiersuiker

Lemoenstroop vir jogurtkoek:

500 ml lemoensap

200 ml suiker

knippie sout

Suikerstroop vir smaak van koeke:

200 g witsuiker

250 ml water

vanieljegeursel

variasie:

variasie: lemmetjie

variasie: klapperkoek

variasie: soutkaramel

variasie: grondboontjie

Suurlemoen-en-joghurt-beslag:

700 ml bruismeel

2,5 ml sout

5 ml bakpoeier

250 g botter

450 ml strooisuiker

5 groot eiers

250 ml dubbelroom-jogurt

Vanielje-sponskoek:

4 eiers

375 ml suiker

250 ml melk

50 ml olie

500 ml koekmeel

10 ml bakpoeier

knippie sout

5 ml vanieljegeursel

Metode

Vir die botterkoek:

  1. Voorverhit oond teen 160 ˚C en berei alle panne voor.
  2. Voer boom en sye van panne uit met kleefvrye bakpapier
  3. Sif meel in mengbak en voeg suiker, sagte botter en eiers by.
  4. Meng 30 sekondes in menger op medium spoed.
  5. Voeg die melk en vanielje by en klits vir nog 1 ½ minuut tot mengsel lig en donsig lyk.
  6. Skep ewe veel beslag in panne en bak vir ongeveer 50 minute of tot toetspen skoon uitkom.
  7. Laat die koek in panne afkoel voor jy dit uitkeer.

 

Vir die vanielje-sponskoek:

  1. Voorverhit die oond teen 180 ˚C.
  2. Smeer en voer panne uit.
  3. Meng die eiers en suiker goed vir ongeveer 15 minute.
  4. Verhit die melk, olie en vanielje in mikrogolf tot louwarm.
  5. Meng gesifte meel en bakpoeier in twee dele by die eier mengsel.
  6. Voeg laaste die melkmengsel by en meng goed deur.
  7. Bak vir ongeveer 25 - 30 minute of tot toetspen skoon uitkom.

 

Vir die suurlemoen-en-jogurt-belsag:

  1. Klop sagte botter romerig, voeg strooisuiker geleidelik by en klop.
  2. Klits vyf eiergele eers eenkant en voeg by bottermengsel. Voeg nou jogurt by en meng mooi deur.
  3. Sif bruismeel, sout en bakpoeier (twee keer). Voeg nou die meel geleidelik by die bottermengsel en meng goed deur – moenie oor klop nie.
  4. Klits eierwitte nou styf.
  5. Meng 'n kwart van die eierwit eers met die deegmengsel net om die stywe deeg losser te kry.
  6. Vou nou met 'n metaallepel die eierwitte mooi deur koekmengsel.

 

Vir lemoenstroop vir jogurtkoek:

  1. Kook stroop in pot op stoof tot stroperige voorkoms om oor koek te smeer.

 

Vir suikerstroop:

  1. Gooi suiker en water in pan op stoof en kook tot ligte dun stroop vorm.
  2. Verdeel stroop en voeg verskillende geure by.

 

Vir die gesoute karamel-vulsel:

  1. Verhit die botter, bruinsuiker, gouestroop en sout saam in pot op stoof oor lae hitte en tot suiker opgelos is en mengsel glad.
  2. Haal pot af van hitte en voeg gekapte witsjokolade by en roer tot mengsel glad is.
  3. Plaas in yskas om te verdik tot benodig.

 

Vir die botterversiersel:

  1. Voeg botter en Actiwhite in menger en klits tot glad.
  2. Voeg nou die gesifte versiersuiker by en meng tot gladde voorkoms. Voeg melk by soos benodig.

 

WENK:

  1. Corli het die botterversiersel beslag drie keer aangemaak om als te dek van “crumb coat” tot versier en vulsel benodig.

 

Variasies van botterversiersel:

  1. Soutkaramel: Gewone botterversiersel met soutkaramel-vulsel
  2. Klapper: Voeg volgens keuse vars gedroogde klapper by botterversiersel.
  3. Lemmetjie: Voeg lemmetjieskil en lemmetjie of Mojito Schnapps by botterversiersel.
  4. Grondboontjie botter: Voeg volgens keuse, gladde grondboontjie botter by en honeycomb gekrummel of alternatief ‘n Crunchie sjokolade.
  5. Suurlemoen: Gewone botterversiersel met ‘n spatsel suurlemoen sap.

 

Vir die harde versiersel (royal icing):

  1. Klits warm water en Actiwhite vir twee minute saam. Voeg dan kremetart by en klits vir verder twee minute.
  2. Laaste voeg versiersuiker by en klits vir goeie vyf tot tien minute en gebruik bietjie water om regte tekstuur te verkry soos benodig.

 

Hoe om die koek te versier:

  1. Corli het 5 kg wit ‘sugar paste' gebruik om die koek oor te trek en volledig klaar te maak.
  2. Hieruit het sy ook haar troukoek-tooisel gemaak wat rose bo op koek moes vorm.
  3. Harde versiersel is ook gebruik om Delft-patrone aan te bring.
  4. Tegniek is met borduurkwaspatroon gedoen.
  5. Maak lint van suikerpasta.

 

Variasies en volgorde van lae:

  1. Heel Onderste laag (sowat 30 cm): Botterkoek met soutkaramellaag vulsel.
  2. Tweede laag van onder (sowat 25 cm): Spons-klapperkoek met klapper-botterversiersel.
  3. Derde laag van onder (sowat 20 cm): Lemmetjie-spons met Mojito-botterversiersel.
  4. Vierde laag van onder (sowat 15 cm): Botterkoek met grondboontjie-honeycomb-laag botterversiersel.
  5. Laaste boonste laag (sowat 10 cm):Suurlemoen-en-joghurt laag koek met lemoenstroop en botterversiersel.

 

Notas vir koeklae:

  1. Vir klapperkoek het Corli die mengsel drie keer aangemaak en ook vars kokosneut gerasper en gerooster om klapper te gebruik in koek beslag asook in versiersel.
  2. Omtrent 125 ml klapper in koek, pas net meel aan in resep.

 


Hierdie resep mag slegs met die toestemming van kykNET en Human & Rousseau gepubliseer word, hetsy elektronies of in druk.

 

Die-GROOT-Ontbyt-2-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2016-07-01

Sjokolade-en-peer-poeding

Gewildste Resepte