Logo

Renée se poeding

04 Januarie

4 Porsies

Gebak

3

Kry die resep vir Renée se poeding, soos voorberei in Edik van Nantes 2, hier.

EVN_Ep13_renee_poeding-1-1
Bestanddele

Sjokolade-salami

120 g botter

½ k strooisuiker

300 g donkersjokolade

2 e rum

3 e amandelmelk

240 g Ammareti-beskuitjies

100 g amandels

100 g pistasieneute

versiersuiker

Tonkaroom

250 ml vars room

2 t strooisuiker

1 tonkaboon

Metode

Verroom suiker en botter.

  1. Smelt sjokolade oor kastrol met stomende water, laat so veel as moontlik afkoel, maar moenie laat stol nie.
  2. Roer by bottermengsel.
  3. Roer rum by.
  4. Roer amandelmelk by.
  5. Vou koekies en neute by.
  6. Bedek en plaas in yskas vir 20 minute (nie langer nie!).
  7. Gebruik hande en vorm 1 of 2 salamis.
  8. Bedek met kleefplastiek en rol totdat 'n gladde oppervlak verkry word.
  9. Plaas in yskas vir 6 ure of oornag.
  10. Vryf hande met versiersuiker en vryf versiersuiker oor die salami (soms sal versiersuiker oplos weens klamheid van salami, maar dit help nog steeds om dit hanteerbaar te maak).

Tonkaroom

  1. Klits room en suiker tot sagte punte vorm.
  2. Rasper 'n klein bietjie tonkaboon bo-oor.

Om te bedien

  1. Haal salami ten minste 20 minute voordat dit gesny word uit yskas.
  2. Sny in skywe (sommige sal breek, maar dis in die haak!).
  3. Plaas bakkie met  room in die middel van 'n groot opdienbord.
  4. Rangskik salami-skywe of skerwe rondom.
  5. Garneer met vars aarbeie en ander rooi bessies.
EVN_Ep13_appelvla_tert-1
Edik van Nantes Kie About
2017-01-04

Tarte Normande

Gewildste Resepte