Logo

Mieliepaptert met sampioene

08 Mei

4 - 6

Gebak

3

Koskonsultant Heleen Meyer het tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt, dié heerlike gereg voorberei vir die kosblik. Die resep is aangepas uit Cooking from the heart 3. Foto: Heleen Meyer

Groot-Ontbyt
Bestanddele

500 ml growwe mieliemeel

500 ml melk

500 ml water

90 ml olyf- of avokado-olie

2 mielies aan die stronk, gekook en pitte verwyder van stronk

3 - 4 t tiemieblare vars

sout na smaak

swartpeper (vars gemaal) na smaak

ui in dun wiggies gesny

125 g portabelline-sampioene in kwarte gesny

tiemietakkies ekstra

Metode
  1. Voorverhit die oond teen 180 °C. Voer ’n oondpan met bakpapier uit en smeer liggies met olie. (Gebruik liewer ’n vlakker as té diep pan, anders bak die gereg baie lank. Of smeer ’n oondbak liggies met olie.)
  2. Meng mieliemeel, melk, water, olie, helfte van die mieliepitte en die tiemieblare saam in ’n mengbak. Geur na smaak en skep in die oondbak.
  3. Pak die ui, sampioene en die res van die mielies in ’n eweredige laag oor die mieliemeelmengsel. Strooi tiemietakkies bo-op.
  4. Bak vir 1 uur of tot die meel gaar en gereg goudbruin bo-op is. Sit dadelilk warm voor of laat effens afkoel en sny dan in blokkies.
  5. Bedien as deel van ’n gebalanseerde piekniek of kosblik met vars slaaibestanddele, JAZZ™-appels en jou keuse van Richard Bosman se spesialiteit-kouevleis.
Kosblik-1
Nic se lamniertjies
2018-05-08

Nic se lamniertjies

Gewildste Resepte