Logo

Nic se lamniertjies

08 Mei

Foto: Getty Images

Probeer gerus Koekedoortjie-beoordelaar Nic van Wyk se resep vir lamniertjies met mosterd room, botterboon-puree en geroosterde baba-uie en bros spinasieskyfies.

Nic_Lamniertjies
Bestanddele

10 lamniertjies skoongemaak en in die helfde gesny

4 klein baba-uie

1 blikke botterbone

250 ml room

1 t Dijon-mosterd

1 t Engelse mosterd

30 ml rooiwyn

4 spinasieblare

sout

peper

olie om in te braai

Metode
  1. Maak die baba-uie skoon en sny in die helfte, rooster in ’n warm oond met olie, sout en peper tot sag en bruin.
  2. Haal die botterbone uit die blikkie en maak warm. Puree dan met ’n voedselverwerker.
  3. Maak die room warm en bring tot kookpunt en voeg al die mosterd by. Verwyder vanaf hitte en klits baie goed deur.
  4. Maak die olie warm en gooi die spinasieblare in die olie – maar pasop, dit sal spat, so staan terug.
  5. Sout en peper en braai nou die niertjies in ’n warm pan – dit sal so drie minute vat vir die niertjies om gaar te wees. Jy will dit nog effe pienk in die middel hê, maar nie rou nie. Gooi nou die rooiwyn by die pan en kook totdat al die wyn amper weg is. Plaas die botterbone-puree in die middel van ’n bord, plaas die niertjies op die puree en die uie om die kante, gooi die mosterdsous/room rondom die niertjies en plaas die spinasieblare bo-op.
Koekedoortjie_Errieda
Carla se brownie-resep
2018-05-02

Carla se brownie-resep

Gewildste Resepte