Logo

Mieliebrood

1 Brood

Gebak

3

Tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt het koskonsultant Heleen Meyer heerlike mieliebrood voorberei. Dié gereg is ideaal vir die kosblik.

Die GROOT Ontbyt Mieliebrood
Bestanddele

1 k growwe mieliemeel

330 ml volkoringmeel

2 k bakpoeier

t cayenne-peper of paprika

t sout

310 ml karringmelk of maas

3 groot Nulaid eiers

60 ml avokado- of olyfolie

410 g geroomde suikermielies

Metode

 

  1. Voorverhit die oond teen 180 °C. Voer die bodem van 'n 1,5 liter-broodpan met bakpapier uit en smeer die pan liggies met olie.
  2. plaas al die droë bestanddele in ‘n mengbak.
  3. Meng karringmelk, eiers, olie en suikermielies saam. Roer by die droë bestanddele tot goed gemeng.
  4. Skep die beslag in die broodpan en bak 45 tot 60 minutes of tot 'n toetspen skoon uitkom.
  5. Laat vir ‘n paar minute in die pan afkoel en keer dan uit op 'n afkoelrakkie. Sit warm met botter voor of pak dit in as deel van ‘n kosblik.

Wenk:

  1. Rasper 2 tot 3 murgpampoentjies en roer by die droë bestanddele. Roer ¼ k (60 ml) gerasperde cheddarkaas by die beslag of strooi die helfte daarvan bo-op, voor die brood gebak word.

 


Die resep word met trots geborg deur Pharma Dynamics Cooking from the heart, Nulaid, JAZZ™ Appels en ATKV.

 

Die-GROOT-Ontbyt-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2017-03-28

Portugese vla-tertjies

Gewildste Resepte