Logo

Meksikaanse eierkoppies

28 Maart

4 Porsies

Gebak

2

Tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt is dié Meksikaanse eierkoppies voorberei.

Die-GROOT-Ontbyt-5-1
Bestanddele

1 ui

300 g maalvleis

5 ml fyn komyn

5 ml fyn koljander

sout

peper

1 blik tamatie- en brandrissie-smoor

1 blik rooibone

5 tortillas wraps

8 eiers

125 ml cheddarkaas

Metode

 

  1. Voorverhit oond teen 180 °C.
  2. Braai ui in bietjie olie, skep uit en hou eenkant.
  3. Braai maalvleis tot goudbruin. Gooi geurmiddels by en braai verder.
  4. Giet tamatie- en brandrissie-smoor en rooibone by, laat kook tot effens verdik.
  5. Sny tortilla in kleiner sirkels en druk vas in gesmeerde muffinpanne.
  6. Skep 2 eetlepels van die maalvleis-mengsel in koppie. Maak ‘n holte met lepel.
  7. Breek eier in holte. Bak vir 15 tot 20 minute of tot eier gaar is tot jou voorkeur. Strooi kaas oor tydens laaste 5 minute van bak.
Die-GROOT-Ontbyt-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2017-03-28

Portugese vla-tertjies

Gewildste Resepte