Logo

Madre se koffie bruintjies

12 Desember

12–14 bruintjies

Gebak

3

Soos gesien in 'n episode van Net Koffie

Brownie 2
Bestanddele

225 g Gesoute botter

300 g Hoë kwaliteit donker sjokolade

3 Eiers

225 g Strooisuiker

30 ml Klaar gemaakte espresso

75 g Meel

1 knippie Sout

100 g Geroosterde Makadaia neute

100 g Geroosterde Haselneute

5 ml Vanielje geursel

45 ml Nutella

Metode
  • Berei ‘n oondpan voor deur dit met 27 x 19cm tinfoelie uit te voer.
  • Verhit die oond teen 180°C
  • Smelt die botter en sjokolade op ‘n lae hitte op die stoof. Roer elke 30 sekondes en laat die sjokolade mengsel afkoel tot kamertemperatuur.
  • Meng die eiers, suiker en espresso by totdat die mengsel romerig word. Voeg die sjokolade mengsel by die eiermengsel
  • Sif die meel en sout by die mengsel en vou dit stadig in. Voeg daarna die neute en vanieljegeursel by.
  • Skep helfte van die mengsel in die oondpan en smeer die Nutella bo-op die mengsel om die middel van die bruintjie te vorm. Skep daarna die ander oorblywende mengsel by die mengsel in die oondpan. Bedek die mengsel met nog Nutella.
  • Bak vir 40 minute.
  • Laat die bruintjies afkoel in die oondpan.
  • Sodra dit kamertemperatuur is, haal dit uit die oondpan en bedek die hele bruintjie stuk met tinfoelie. Laat staan die bruintjie stuk oornag in die yskas.
  • Sny in blokkies en bedien met koffie van jou keuse.
Fillet 1
Net Koffie Poster 924x1360
Sub Titel

Koffie fillet braai smeersel

Gewildste Resepte