Logo

Koffie Piesangbrood

03 Oktober

Gebak

3

'n Gunsteling met 'n skop

Coffee Banana Bread
Bestanddele

4 Piesangs

2 eetlepels Bruinsuiker

1 1/2 teelepels Vanielje-ekstrak

1/2 teelepel Fyngemaalde kaneel

1/2 koppie Sagte botter

1 koppie Suiker

2 Eiers

2 koppies Koekmeel

1 teelepel Koeksoda

1/4 teelepel Sout

2 eetlepels Griekse jogurt

70 ml Espresso

Vir die bolaag:

1 teelepel Fyngemaalde kaneel

1 eetlepel Gemaalde koffie

1 koppie Koekmeel

1 koppie Bruinsuiker

6 eetlepels Botter

Metode
  • Voorverhit jou oond tot 180°C – berei twee broodpannetjies voor vir die bestanddele
  • Maak die piesang fyn en voeg die piesang, bruinsuiker, vanielje-ekstrak en fyngemaalde kaneel in ’n klein meng bakkie bymekaar
  • In ‘n groot mengbak, verroom die botter en suiker saam totdat dit lig en pofferig is  
  • Voeg die eiers by en meng goed deur. Voeg daarna die Espresso by
  • Sif nou die droë bestanddele by die botter mengsel
  • Meng tot dit goed gekombineer is en voeg dan die piesang mengsel by en voeg die jogurt heel laaste by

Bolaag

  • Kombineer die fyngemaalde kaneel, gemaalde koffie, meel en bruinsuiker.  Sny die botter met ‘n deeg snyer in totdat dit soos krummels lyk, verdeel die bolaag eweredig oor albei panne
  • Bak vir 35 – 40 minute
  • Laat die broodjies vir 10 minute afkoel en geniet
Empanada Braaibroodjie
Jan Braai
Sub Titel

Empanada braaibroodjie

Gewildste Resepte