Logo

Koffie kaaskoek

19 Desember

Gebak

3

Soos gesien in 'n episode van Net Koffie

Kaaskoek
Bestanddele

Vir die bolaag:

125 ml Vars room

250 g Donker sjokolade

Vir die kors:

85 g Botter

280 g Semelbeskuitjies fyngemaak

2 eetlepels Gemaalde koffie

Vir die vulsel:

1 kg Roomkaas

250 g Suiker

3 eetlepels Meel

3 Eiers

1 Eiergeel

1 koppie Suurroom

2 teelepels Vanieljegeursel

50 ml Sterk espresso

Metode

Vir die kors:

  • Voorverhit die oond tot 180°C.
  • Smeer en voer die losboomkoekpan van 23cm met bakpapier uit. 
  • Maak die kors deur die botter in die mikrogolfoond te smelt en dit dan in ‘n groot mengbak by die fyngemaalde beskuitjies en koffie in te roer.
  • Druk die mengsel netjies op die boom en teen die kante van die koekpan vas en bak vir 10 minute. 
  • Laat die kors afkoel terwyl die vulsel voorberei word.

Vir die vulsel:

  • Verhoog die oond na 230°C. 
  • Plaas die roomkaas in die mengbak van die elektriese menger, gebruik die menger se spaan-hegstuk en klop tot romerig. 
  • Voeg die suiker en meel by en klop vir ‘n verdere 3 minute. 
  • Voeg die eiers en eiergeel een vir een by, onthou om die kante van die bak gereeld skoon te skraap. 
  • Roer die suurroom en vanieljegeursel by. 
  • Voeg heel laaste die sterk espresso by en meng goed. 
  • Giet die vulsel in die voorbereide pan en bak vir 10 minute. 
  • Verlaag die oond na 110°C en bak vir nog 30min. 
  • Wanneer baktyd voltooi is laat die kaaskoek in die oond afkoel vir ‘n uur met die oond ‘n skrefie oop. 
  • Na baktyd, laat die koek oornag binne die yskas afkoel. 

Vir die bolaag:

  • Plaas die 125ml vars room in ‘n kastrol op die stoof en bring tot by kookpunt, verwyder dadelik en voeg donker sjokolade by die room. 
  • Roer die sjokolade deur totdat dit smeerbaar is en smeer as bolaag oor jou kaaskoek.
  • Versier met seisoenale bessies van jou keuse.
Brownie 2
Net Koffie Poster 924x1360
Sub Titel

Madre se koffie bruintjies

Gewildste Resepte