Logo

Kersie-en-amandel-sjokolade-tertjies

15 Desember

4 Porsies

Gebak

4

In ’n episode van Die GROOT Ontbyt het sjef Maritha Steyn heerlike kersie-en-amandel-sjokolade-tertjies voorberei. Hier is haar resep.

Die-GROOT-Ontbyt-2-1
Bestanddele

Tertjies:

60 g sagte botter

60 g suiker

1/2 eier

110 g meel

20 g kakaopoeier

Vulsel:

100 g botter

70 g suiker

1 eier

10 ml vanielje-ekstrak

100 g amandelmeel

100 g donkersjokolade

250 g kersies

100 g amandels

Metode

Vir die tertjies:

  1. Room botter en suiker saam, en gooi eier by.
  2. Roer meel en kakoa ook by.
  3. Laat staan vir 20 minute in die yskas.
  4. Voer ‘n tertpan uit met deeg. Fokus op die hoeke en kante van die pannetjie om ‘n 90° hoek te hou. Plaas in yskas

Vir die vulsel:

  1. Verhit oond na 180 °C. Room botter en suiker saam, en voeg eier by – klits goed.
  2. Roer amandels en gesmente sjokolade by tot goed gemeng.
  3. Skep vulsel in tertkors, druk kersies en amandels in vulsel
  4. Bak tert vir 15-20 min of tot vulsel gestol is.
Die-GROOT-Ontbyt-3-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2016-12-15

Appel-en-kaneel-plaatkoekies

Gewildste Resepte