Logo

Appel-en-kaneel-plaatkoekies

15 Desember

4 Porsies

Gebak

5

Tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt het koskonsultant Heleen Meyer appel-en-kaneel-plaatkoekies voorberei. Dié gereg is ideaal vir die kosblik. Kry haar resep hier.

Die-GROOT-Ontbyt-3-1
Bestanddele

280 g koekmeel

15 ml bakpoeier

2 ml sout

10 ml gemaalde kaneel

2 ekstra-groot eiers

500 ml karringmelk

2 appels

Metode

 

  1. Sif die droë bestanddele saam in 'n mengbak. Klits die eiers en karringmelk saam en maak 'n holte in die middel van die meelmengsel.
  2. Klits die eiermengsel by die meel tot 'n gladde beslag vorm. Roer die appel by. Wees versigtig om dit nie te veel te meng nie, want dit kan die plaatkoekies swaar maak. Roer die botter goed deur.
  3. Verhit 'n dun lagie olie oor matige hitte in 'n braaipan. Skink 30 tot 50 ml deeg per plaatkoekie in die pan – afhangend van hoe groot dit moet wees.
  4. Braai tot lugborrels bo-op vorm en draai versigtig met 'n eierspaan om. Braai net 'n paar minute tot gaar en goudbruin aan die ander kant. Hou die plaatkoekies warm, terwyl die res gebak word. Voeg nog olie in die pan by soos nodig, maar moenie dit te warm maak nie, anders brand die plaatkoekies voor dit gaar is.
  5. Sit voor met maaskaas, gegeur met heuning en kaneel en nog appelskyfies, indien verkies.

 


Geborg deur Pharma Dynamics Cooking from the heart, Nulaid, JOYA® Appels en GLAD SA  

 

Die-GROOT-Ontbyt-2-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2016-12-15

Kersie-en-amandel-sjokolade-tertjies

Gewildste Resepte