Logo

Kaserige suikermielies en spekbrood

05 September

Gebak

Die kaserige suikermielies en spekbrood was ’n treffer in die Kokkedoor-kombuis. 

Kaserige Suikermielies en Spek Brood
Bestanddele

625 ml koekmeelblom

10 ml bakpoeier

15 ml Food Lover’s suiker

5 ml sout

4 eiers (groot)

125 ml botter (gesmelt)

250 ml karringmelk

250 g Food Lover’s spek (blokkies)

250 ml Food Lover’s cheddarkaas (gerasper)

1 blikkie Food Lover’s Signature suikermieliepitte

1/2 blikkie Food Lover’s Signature roomsoort suikermielies

Metode

1. Voorverhit oond tot 180 °C.
2. Vlakbraai die spekblokkies in ’n pan op ’n hoë hitte totdat dit bros is. Sodra gaar, sit eenkant om te dreineer op handdoekpapier.
3. Sif al die droë bestanddele saam in ’n mengbak. Klits die eiers, gesmelte botter en karringmelk in ’n aparte bak.
4. Gooi hierdie mengsel in die bak met die droë bestanddele en meng goed. Voeg die mielies, roomsoort suikermielies, spekblokkies en gerasperde kaas by. Meng hierdie bestanddele liggies in die beslag in.
5. Gooi die mengsel in ’n gesmeerde broodpan. Bak vir ongeveer 75 minute totdat dit goudbruin is. Steek ’n steekpen in die middel van die brood, en as die pen skoon uitkom is die brood gereed.
6. Haal dit uit die oond en laat staan om af te koel voor jy dit uit die pan haal.

Waffels
Kokkedoor
29 August 2019

Nutella wafel-stapel met mascarpone en bessies

Gewildste Resepte