Logo

Karringmelkbrood met kaas

03 Oktober

1 brood

Gebak

5

Koskonsultant Heleen Meyer het tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt, die resep voorgesit. Dié gereg is aangepas uit Cooking from the heart 1 en is ideaal vir die kosblik. Foto: Heleen Meyer

Die Groot Ontbyt_2 Oktober 2017
Bestanddele

750 ml volkoringmeel (steengemaalde)

15 ml bakpoeier

5 ml paprika

2,5 ml sout

2 groot nulaid-eiers (geklits)

500 ml karringmelk

15 ml pietersielie en tiemie (elk vars gekap)

125 ml cheddarkaas (grofgerasper)

7,5 ml sesamsaad

Metode

1. Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n 1,5 liter-broodpan met bakpapier uit. Smeer liggies met olie. 
2. Sit die droë bestanddele in ’n groot mengbak. Klits die eiers en karringmelk saam en roer die kruie en helfte van die kaas by. Roer net tot al die droë bestanddele ingemeng is en moenie te veel meng nie.
3. Skep die beslag in die broodpan en strooi die res van die kaas en sesamsaad oor.
4. Bak vir 45 minute tot 1 uur of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat ’n paar minute op ’n afkoelrakkie staan en keer dan versigtig uit. 
5. Laat effens afkoel en sny in skywe om as bygereg met braaivleis voor te sit. Die brood is die volgende dag heerlik in ’n kosblik.

Die Groot Ontbyt
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2017-09-28

Botterboonkapok en muesli

Gewildste Resepte