Logo

Botterboonkapok en muesli

28 September

Koskonsultant Heleen Meyer het tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt, botterboonkapok, sowel as muesli voorberei. Dié gereg is ideaal vir die kosblik. Foto: Heleen Meyer

 

Die Groot Ontbyt
Bestanddele

Vir die muesli:

1 kg gerolde hawermout

125 ml rou amandels gekap

180 ml sonneblomsaad

90 ml pampoensaad

90 ml sesamsaad

75 ml avokado- of sonneblomolie

75 ml heuning

10 ml vanieljegeursel

Vir die botterboonkapok:

15 ml avokado- of olyfolie

1 ui gekap

820 g botterbone geblikte

30 ml Italiaanse pietersielie vars en gekap

10 ml suurlemoensap

15 - 20 ml korrelmosterd

sout na smaak

peper na smaak

Metode

Vir die botterboonkapok (lewer 4 tot 6 porsies):
1. Verhit olie oor matige hitte in ’n braaipan (’n AMC 24 cm Chef’s Pan werk goed). Soteer ui tot heeltemal sag.
2. Dreineer die bone, maar behou sowat 50 ml van die vloeistof. Voeg die bone by die ui en prut 2-3 minute saam of tot die bone warm is.
3. Druk die bone en ui met ’n aartappeldrukker fyn en voeg van die behoue vloeistof by tot ’n growwe mengsel vorm. Roer kruie, suurlemoensap en mosterd by en geur met sout en peper.
4. Sit kapok as bygereg met aandete voor. Of meng van die koue mengsel met ’n bietjie ongegeurde jogurt, maaskaas of melk en gebruik as ’n doopsous met groenterepies vir ’n kosblik.

Vir die muesli (Lewer 1,2 kg muesli):
1. Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n groot bakplaat met bakpapier uit.
2. Plaas hawermout, neute en sade in ’n groot mengbak. Plaas olie en heuning in ’n aparte bakkie en verhit effens in die mikrogolfoond of oor lae hitte in ’n klein kastrol. Roer die vanieljegeursel by.
3. Roer die oliemengsel deeglik deur die hawermoutmengsel.
4. Plaas die hawermoutmengsel in ’n enkellaag op die bakpapier. Rooster vir 10 minute. Roer deur en rooster nog 8-10 minute of tot goudbruin en bros.
5. Laat heeltemaal afkoel en bêre in ’n lugdigte houer. Dit sal vir 4 weke vars bly.
6. Sit voor met vars vrugte en jogurt, indien verkies.

Heleen Meyer Kosblik 4 September 2017
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2017-09-22

Bruinrys en lensies

Gewildste Resepte