Logo

Kaneelkoekies

14 Desember

Gebak

4

Skokkend! Dís hoe lekker hierdie eenvoudige koekies is. 
Ek weet nie hoeveel koekies daar in ’n baksel is nie, ons eet te veel terwyl dit nog warm of lou is en vergeet om te tel. 

Cookies
Bestanddele

300 g Bruismeel

150 g Strooisuiker

2 eetlepels Kaneel

1 knippie Sout

225 g Botter

1 teelepel Vanielje-ekstrak

1 koppie Rosyne gekap

Metode
  • Meng meel, suiker, kaneel en sout saam
  • Gebruik vingers om botter by te meng
  • Meng vanielje by
  • Meng rosyne by
  • Vorm ’n bal, bedek en plaas in yskas vir te minste 2 ure
  • Rol beslag in balletjies van ongeveer 4 cm
  • Rangskik 8 op gevoerde bakplaat, druk effens plat
  • Bak in oond teen 170˚C (waaier) tot goudbruin, 8 tot 10 minute
  • Laat staan vir 5 minute
  • Lig versigtig van bakpapier en laat afkoel op draadrak
  • Herhaal proses
Fritters
Toegangs Poster 924x1360
Sub Titel

Botterneutkoekies

Gewildste Resepte