Logo

Heuning-plaatkoekies

16 Februarie

4 Porsies

Gebak

3

Sjef Suzanne Crozier het tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt heerlike heuning-plaatkoekies voorberei. Kry haar resep hier.

Plaatkoekies-1
Bestanddele

Heuning-geglasierde spek:

12 repies spek

30 ml heuning

2 ml brandrissie

Plaatkoekies

200 ml gaar witbone

200 ml bruismeel

60 ml strooisuiker

15 ml heuning

1 eier

200 ml milk

Metode

Vir die plaatkoekies:

  1. Druk boontjies fyn op plaas in voedselverwerker.
  2. Sif droë bestanddele saam.
  3. Meng heuning en eier saam.
  4. Maak 'n holte in die meel en giet heuning en eier, sowel as 'n bietjie melk in die holte.
  5. Voeg die res van die melk midelik by terwyl jy voordurend meng.
  6. Voeg boontjies by en meng tot glad.
  7. Voeg olie in 'n braaipan en verhit.
  8. Voeg lepelsvol van die mengsel in die braaipan en braai aan beide kante tot goudbruin.
  9. Bedien met stroop en konfyt.

Vir die spek:

  1. Voorverhit oond teen 200 °C. Bedek bakplaat met foelie en plaas bakrak bo-op.
  2. Plaas spek op rak. Maak seker dat hulle nie aanmekaar raak nie.
  3. Verhit heuning tot loperig. Bedrup spek met heuning.
  4. Plaas in die middel van die oond en bak vir 12 tot 15 minute. Wanneer 10 minute verby is, hou die spek dop tot gaar.
Hoenderslaai-2
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2017-02-13

Hoenderslaai met brokkoli en appel

Gewildste Resepte