Logo

Hawermout-plaatkoekies met jogurt

28 Maart

6 Porsies

Gebak

5

Tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt is dié heerlike hawermout-plaatkoekies voorgesit met jogurt. Dié resep is perfek vir die kosblik.

Die-GROOT-Ontbyt-4
Bestanddele

2 t olyf- of avokado-olie

1 ui

1 cm vars gemmer

1 rooi of oranje soetrissie

1 t kerriepoeier

410 g gekapte tamaties

suurlemoensap

swartpeper

Hawermout-plaatkoekies:

2 eiers

1 k Griekse of ongegeurde jogurt

350 melk

5 ml vanieljegeursel

250 ml steengemaalde koekmeel

5 ml bakpoeier

375 ml hawermout

30 ml botter

olie

Metode

Tamatiesmoor:

  1. Verhit olie in ’n diep pan of kastrol en soteer die ui en gemmer.
  2. Voeg soetrissie by en soteer tot sag. Roer kerriepoeier by en dan die tamaties.
  3. Prut oor lae hitte vir 15 tot 20 minute of tot verdik. Geur met suurlemoensap en peper.
  4. Die sous kan op verskillende maniere gebruik word. Dis ‘’ lekker doopsous, sous saam met braaivleis en pap en heerlik om hoenderstukke in gaar te maak.

Wenke:

  1. Die sous kan vooruit gemaak word en in ’n glasfles in die yskas bewaar word. Indien jou kinders nie van soetrissie hou nie, verpulp die hele smoor voor jy dit gebruik of stoor, want die soetrissie gee ‘n heerlike geur daaraan.

Hawermout-plaatkoekies met jogurt

  1. Klits die eiers, jogurt, melk en vanielje saam in ’n mengbak. Roer die meel, bakpoeier en hawermout by tot goed gemeng.
  2. Roer die botter by. Laat 5 minute staan voor die eerste plaatkoekies gebraai word. Dit gee die hawermout net bietjie kans om uit te swel.
  3. Verhit ’n dun lagie olie oor matige hitte in 'n braaipan. Skep lepelsvol (30 ml) van die beslag in die pan en braai tot lugborrels bo-op vorm. Draai versigtig om. Braai tot goudbruin en gaar.
  4. Skep uit, dreineer op kombuispapier en hou warm. Herhaal met die res van die mengsel. Sit voor met kaas. Die tamatiesmoor en kaas is heerlik op die plaatkoekies.

Die resep word met trots aangebied deur Pharma Dynamics Cooking from the heart en Nulaid

 

Die-GROOT-Ontbyt-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2017-03-28

Portugese vla-tertjies

Gewildste Resepte