Logo

Gebakte vrugte met krummels

06 Desember

Gebak

4

Soos gesien in 'n episode van Terwyl ek wag

GEBAKTE VRUGTE MET CRUMBLE – Terwyl ek wag
Bestanddele

1.3 kg Vars vrugte

1 Suurlemoen se sap

Bolaag

1/2 koppie Hawermout

1/2 koppie Amandelmeel

100 g Pekanneute fyngekap

3 eetlepels Klappersuiker

5 eetlepels Druiwepitolie

1 teelepel Fyn kaneel

1 knippie Sout

Metode
  • Sny appels, pere en pruime vertikaal in die helfte
  • Pak op bodem van diep oondvaste tertbak, strooi bessies en druiwe tussenin, gooi lemoensap oor
  • Bak in oond teen 170˚C (waaier) terwyl bolaag gemaak word, ongeveer 10 minute

Bolaag

  • Plaas bestanddele in mengbak en meng tot krummelrig
  • Haal vrugte uit oond en skep krummels bo-oor om soveel as moontlik te bedek - maar nie alles nie - sodat vrugte en sous effens kan karameliseer
  • Bak tot goudbruin, ongeveer 35 minute
  • Laat effens afkoel en bedien 
Klapper Koffiekoek – Net Koffie
Net Koffie – Poster
Sub Titel

Klapper-koffiekoek

Gewildste Resepte