Logo

Choc-chip koffiekoekies

05 Desember

Gebak

3

Soos gesien in 'n episode van die tweede seisoen van Net Koffie

CHOC-CHIP KOFFIEKOEKIES – Net Koffie
Bestanddele

250 ml Ongesoute botter teen kamertemperatuuur

250 ml Bruinsuiker

125 ml Witsuiker

1 Eier

1 Eiergeel

3 teelepels Gemaalde koffie

5 ml Vanielje

10 ml Espresso

2 1/2 koppies Meel

1 teelepel Bakpoeier

2.5 ml Koeksoda

1/4 teelepel Sout

1 1/2 koppies Sjokoladeskyfies (chocolate chips)

Metode
  1. Berei ‘n bakplaat voor met waspapier
  2. Plaas die botter en suiker in jou mengbak, meng goed op ‘n lae- medium spoed tot glad. Moenie te veel meng nie, anders versprei die koekies meer as wat hulle moet.
  3. Maak ‘n gaatjie in die middel van die botter mengsel en voeg die eier en eiergeel by, meng goed.
  4. Voeg die gemaalde koffie, vanielje en espresso by, meng op ‘n lae spoed tot als goed gekombineer is.
  5. Skakel die menger af en voeg die meel, bakpoeier, koeksoda en sout by. Sit die menger op ‘n lae spoed en beweeg tot medium spoed soos die droë bestanddele by die nat ingewerk word.
  6. Wanneer 'n eweredige gemengde deeg vorm, stop die menger en roer die sjokoladestukke met die hand by om dit nie op te breek nie.
  7. Gebruik ’n groot lepel en skep ewe groot balletjies uit en plaas dit op die bakplaat. Jy wil hê hulle moet ‘n lekker hoë balletjie wees i.p.v. ‘n breë balletjie. Hulle kan ook nader aan mekaar wees, want hulle gaan in die yskas om te koel voordat dit gebak word.
  8. Verkoel vir 'n uur in die yskas van 20min in die vrieskas.
  9. Voorverhit jou oond op 180°C en bak vir 15-17min.
Klapper Koffiekoek – Net Koffie
Net Koffie – Poster
Sub Titel

Klapper-koffiekoek

Gewildste Resepte