Logo

Beskuit met sade en Vark-en-appelslaai

4 Porsies

Gebak

3

Hierdie beskuit en slaai resepte is tydens 'n uitsending van Die GROOT Ontbyt voorberei

Die-GROOT-Ontbyt-1-1
Bestanddele

6 k volkoringmeel

500 ml hawermout

30 ml bakpoeier

125 ml suiker

2.5 ml sout

375 ml sonneblomsaad

250 ml sonneblomolie

250 ml water

15 ml vanielje-geursel

4 eiers

500 ml karringmelk

Metode

Beskuit:

  1. Voorverhit die oond teen 180 °C. Smeer en voer 2 x 20 cm koekpanne of ‘n oondpan met bakpapier uit.
  2. Meng al die droë bestanddele saam in ‘n groot mengbak.
  3. Vryf die olie met jou vingerpunte by die droë bestanddele in tot dit soos broodkrummels lyk.
  4. Klits water, vanielje, eiers en karringmelk saam. Roer die eiermengsel by die droë bestanddele tot goed gemeng.
  5. Skep in die koekpanne en bak 45-60 minute of tot ‘n toestspen skoon uitkom.
  6. Keer uit die panne en laat afkoel. Sny in stukkies en plaas op ‘n bakplaat.
  7. Voorverhit die oond tot 100 °C en droog die beskuit vir 6-8 ure of oornag uit. Laat afkoel en pak in ‘n lugdigte houer.

 

Vark-en-appelslaai:

  1. Gebruik enige oorskiet-varkvleis, bv. varkfilet of -tjops.
  2. Sny vleis in dun repies en maak dit deel van ‘n slaai van fyngekapte kool en JOYA® appels, in klein wiggies gesny.
  3. Roer ‘n knippie (of so 5 ml) gemaalde komyn by ongeveer 250 ml ongegeurde jogurt vir ‘n heerlike geur en die perfekte kombinasie met die res van die bestanddele.
  4. ‘n Paar kruisementblare of skyfies avokado is selfs heerlik daarby.

 


Die resep word met trots geborg deur Pharma Dynamics Cooking from the heart, Nulaid, JOYA® Appels en GLAD SA.

 

Die-GROOT-Ontbyt-2-2-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2016-11-23

Kaas-sterretjies met biltong-patee

Gewildste Resepte