Logo

Alles-in-een gebakte oorskiet-brood ontbyt

30 Maart

4-6 persone

Gebak

241587

Resepte deur Caro Alberts en Tiaan Langenegger

<p>ALLES-IN-EEN GEBAKTE OORSKIET BROOD ONTBYT</p>
Bestanddele

2 eetlepels Botter

500 g Varkworsies (of Spek) gebraai

1 Ui gesny

8-12 snye Witbrood (of Ciabata)

2 Eiers

250 ml Melk

250 ml Room

1/2 blikkie Chakalaka

Sout na smaak

Peper na smaak

500 ml Kaas

Metode

Voorverhit die oond na 180C.

Braai die varkworsies en uie in die botter tot sag.

Pak die brood uit in ’n groot oondpan.

Meng 2 eiers, die melk en room en geur goed.

Versprei die worsies en uie eweredig oor die brood en gooi die vla mengsel oor.

Breek 4 eiers in verskillende holtes in.

Skep lepelsvol chakalaka, ewerdig oor die brood.

Bedek met kaas.

Bak tot gaar en goudbruin - omtrent 15 tot 20 minute.

DGO_19 November
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2018-11-19

Bros mieliemeel-tortillas

Gewildste Resepte