Logo

Waterblommetjie slaai – Roer

20 November

Hier is wat jy benodig om dié resep self te maak!

Roer
Bestanddele

500 g vars waterblommetjies gaar gestoom

6 vars aspersies

1 pakkie jong peulertjies

1 avokado in skyfies gesny

30 ml vars koljanderblare fyn gekap

250 g spek in blokkies gesny

0.5 ui in blokkies gesny

4 sprietuie fyn gesny

2 knoffelhuisies fyn gepers

30 ml olyfolie

5 ml vars lemmetjiesap

15 ml balsamiese asyn

Sout en peper na smaak

Metode

Braai die spek, knoffel, uie en sprietuie oor matige hitte in ‘n pan totdat die spek gaar is.

Voeg die aspersies en peulertjies by en braai totdat die aspersie gaar, maar nog ferm is.

Gooi die gestoomde waterblommetjies by en laat hulle regdeur warm word. Roer gereeld.

Haal van die hitte af en voeg die asyn, lemmetjiesap, koljanderblare en olyfolie by en meng goed.

Skep in ‘n opdienbak en pak die avokado skyfies bo-oor.

Sit by kamertemperatuur voor.

Roer
Viskuite met tamatiesmoortjie – Roer
Sub Titel

Viskuite met tamatiesmoortjie – Roer

Gewildste Resepte