Logo
Roer SP BB
web uni tv guide

Roer

145KookprogramPG13 L

seisoen

14

Roer Poster

Ná amper ’n dekade word die leefstyl- en kosprogram, Roer, weer opgedis en is dit een van die vars plaaslike bestanddele vir kykNET&kie se varsgebakte Saterdagaandspyskaart.

S14 | E14
31 Desember 18:30
'S14/E14'. Dis die laaste episode van hierdie seisoen. Alfred sou dit saam met niemand anders as sy vrou, Natalie Adriaa...

Topkomediant gaan ‘Roer’ op TV

News
21 September 2022
Lees meer.
Roer

Ná amper ’n dekade word die leefstyl- en kosprogram, Roer, weer opgedis en is dit een van die vars plaaslike bestanddele vir kykNET & kie (kanaal 145 op DStv) se varsgebakte Saterdagaandspyskaart.

En die nuwe aanbieder wat Roer gaan opklits, is Alfred Adriaan, wat die afgelope paar jaar lag-lag een van Suid-Afrika se topkomediante geraak het.

Alfred (40) is ’n boorling van Hankey in die Oos-Kaap, maar woon deesdae in Johannesburg saam met sy vrou Natalie en seuntjie, Ethan, wie gereeld in sy skreeusnaakse video’s op sosiale media verskyn.

Buiten Alfred wat die aanbiedersrol by Tammy-Anne Fortuin oorneem, bly die Roer-wenresep basies dieselfde as voorheen: ’n bekende persoonlikheid kuier saam met Alfred agter die kospotte, waar hulle kuier, lag en dalk soms ‘n traantjie pik. Alfred verras hulle ook met ’n familielid, geliefde of vriend.

“Die nuwe seisoen van Roer gaan regtig oor pret, pret, pret! Ons bekende gaste is baie nice mense en ons wil ‘n ander kant van hulle wys, wat kykers nie noodwendig ken nie,” sê Aflred.

“Dinge is regtig casual en fun in die Roer-kombuis so ons slaag daarin om bietjie meer uit die gaste te kry.”

Vir Alfred is die lekkerste deel van sy aanbiedersrol dat hy net homself kan wees.

“Daar is nie ’n teks nie en dit is nie voorskriftelik nie, wat beteken my eie persoonlikheid kan na vore kom en ek kan grappies maak,” vertel hy.

“Dit maak dit baie gemaklik en enige iets kan in ’n episode gebeur, want die oogmerk met Roer is dat almal net hul gemaklike self moet wees.”

Van die bekendes wat in die Roer-kombuis kom kuier, is Early B, Jawaahier Petersen, Frazer Barry, Ingrid Jones, Kay Smith, Cedwyn Joel en talle ander.

Dit begin Saterdag 1 Oktober om 18:30 op kykNET & kie en is deel van die kanaal se nuwe naweekvermaak-aanbod. Só skop die kletsprogram, Sê jou sê, met Aden Thomas as aanbieder, ook op 1 Oktober om 19:30 af.

Nes Sê jou sê, word Roer word by Atlantic Studios in Kaapstad, wat ook die tuiste van talle ander kykNET-reekse soos Suidooster en Kwêla, opgeneem.

 

 

Nog Programme