Logo

Viskuite met tamatiesmoortjie – Roer

14 November

Hier is hoe om dié heerlike resep self voor te berei!

Roer
Bestanddele

1 kg snoek kuite

15 ml Masala poeier

5 ml sout

5 ml peper

1 koppie koekmeelblom

1 blikkie bier

olie vir diepbraai

1 ui fyn gekap

2 knoffelhuisies fyn gepars

30 ml olyfolie

1 blikkie gekapte tamatie met kruie

4 groot ryp tamaties in blokkies gesny

45 ml heuning

1 koppie water

sout en peper na smaak

Metode

Vir die viskuite:

Spoel die viskuite goed af en druk goed droog met kombuis handdoek papier. Sit eenkant.

Meng al die droë bestanddele saam. Voeg die bier bietjie vir bietjie by om ‘n loperige deeg te maak.
Nie te loperig nie, dit moet steeds aan die kuite vassit. Dieselfde deeg wat jy sal gebruik om
gebraaide vis in te doop.

Verhit die olie in ‘n pot. Doop die kuite een op ‘n slag in die deeg en plaas dan versigtig in die warm
olie. Braai tot goudbruin en gaar.

Sit warm voor met lekker vars brood.

Vir die tamatiesmoortjie: 

Braai die olyfolie, uie en knoffel in ‘n pan oor matige hitte totdat die uie begin karamelliseer.

Gooi die vars tamatie by en laat lekker prut vir 6 minute.

Voeg nou die blikkie tamatie, heuning en vars koljander by en laat rustig eenkant prut.

Roer gereed en indien nodig, voeg bietjie van die water by as die smoor te dik raak.

Roer
Veganistiese Sampioen Risotto – Roer
Sub Titel

Veganistiese Sampioen Risotto – Roer

Gewildste Resepte