Logo

Veganistiese Sampioen Risotto – Roer

07 November

Dié resep was voorberei in episode vier van #Roer. Hier is hoe jy dit self kan maak!

Roer
Bestanddele

6 koppies groenteaftreksel

3 eetlepels olyfolie

1 pakkie van jou gunsteling sampioene (ons het shimeji sampioene gebruik)

2 knoffelhuisies fyn gekap

1 ui in blokkies gesny

2 sprietuie fyn gekap

1 koppie Arborio rys

1 eetlepel veganistiese botter

0.5 koppie witwyn

1 eetlepel voedingsgis

sout en peper na smaak

Metode

Neem helfte van die olie en verhit in ‘n pan, braai die sampioene en sprietuie totdat die sampioene
sag is. Skep uit die pan en hou eenkant.

Verhit die res van die olie in die pan en braai die uie, knoffel en rys oor matige hitte totdat die uie
verkleur.

Voeg nou die helfte van die wyn by en ‘n koppie van die aftreksel, braai oor stadige hitte totdat die
vloeistof verdwyn.

Herhaal die proses totdat die rys al die vloeistof geabsorbeer het. Dit neem tussen 15 – 20 minute,
roer gereeld. Die rys moet sag maar ferm wees.

Voeg nou die sampioene en die botter by en roer goed deur. Geur met sout en peper na smaak.

Skep in bord en bedien dadelik, sprinkel die voedingsgis oor as vervanger vir parmesaan kaas.

Roer
Niertjies met suursous en vetkoek - Roer
Sub Titel

Niertjies met suursous en vetkoek - Roer

Gewildste Resepte