Logo

Niertjies met suursous en vetkoek - Roer

30 Oktober

Probeer hierdie resep vanuit #Roer self!

Roer
Bestanddele

250 ml koekmeelblom

5 ml bakpoeier

2.5 ml sout (vir die vetkoek)

1 eier geklits

125 ml melk

8 skaapniertjies

30 ml kookolie

2 knoffelhuisies gekap

0.5 ui gekap

5 g vars tiemie gekap

2.5 ml sout (vir die niertjies)

1.25 ml peper

2.5 ml rooipeper

30 ml brandewyn

250 ml kookwater

15 ml mielieblom

32 ml asyn

15 ml suiker

takkies pietersielie baie fyn gekap, na smaak

Metode

Vir die vetkoek:

Sif die droë bestanddele saam.

Meng eier met die droë bestanddele tot ‘n gladde mengsel. Maak ‘n slap deeg aan
met water of melk.

Verhit olie.

Skep die beslag lepelsgewys in die warm olie en braai tot ligbruin aan albei kante en
tot gaar.

Vir die niertjies:

Maak die niertjies skoon. Verhit die kookolie in die pan en braai die niertjies vir
ongeveer 6 minute lank terwyl jy aanhoudend roer. Strooi sout en peper oor, skep uit
en hou dit warm.

Gooi die kookwater in die pan. Maak die mielieblom met die asyn aan (voeg bietjie
kouewater by indien nodig).

Voeg die suiker by die warm water in die pan en roer.

Verhit, maar roer aanhoudend om die sous te verdik sonder dat daar klonte vorm.

Gooi die niertjies terug in die pan en laat alles goed deurkook.

Proe. Voeg nog asyn of suiker by indien nodig. Strooi die pietersielie oor.

Bedien die niertjies met ‘n suursous op rooster brood.

Roer
Lamskerrie – Roer
Sub Titel

Lamskerrie – Roer

Gewildste Resepte