Logo

Lamskerrie – Roer

24 Oktober

Probeer hierdie resep van #Roer self!

Roer
Bestanddele

120 ml kookolie

150 g gekapte uie

80 g gemmer en knoffel gepars of fyn gerasper

30 g borriepoeier

120 g kerriepoeier (sterk)

50 g Garam masala poeier

1 kg lamskouer in blokkies gesny

20 g elk rooi, groen en habanero rissies in ‘n voedselverwerker saamgemeng

20 g vars koljanderblare

10 g kerrieblare

300 g tamaties in voedselverwerker fyngemaak

30 ml bruinasyn

40 ml Worcestersous

sout en peper volgens smaak

4 koppies koekmeelblom

4 eetlepels sonneblomolie

4 eetlepels Ghee

2 teelepels sout vir die roti

2 teelepels bakpoeier

warm water

Metode

Vir die lamskerrie:

Verhit olie in ‘n pot

Voeg die uie, gemmer, knoffel en speserye by en kook vir 3 minute oor stadige hitte

Voeg die lamsvleis by en braai oor matige hitte

Voeg die rissiemengsel by en laat prut vir 8 minute

Roer die tamatiemengsel by en kook oor stadige hitte vir 30 minute

Voeg die bruin asyn en Worcestersous by en prut vir 4 minute

Voeg sout en peper volgens smaak by

Bedien met Naan brood, Roti of rys

Vir die roti:

Meng al die bestanddele (behalwe die water) saam totdat dit ‘n broodkrummel tekstuur aanneem

Voeg die warmwater bietjie vir bietjie by terwyl jy meng totdat dit ‘n sagte deeg vorm

Knie die deeg en bedek met ‘n klam lap vir 20 minute

Vorm balletjies uit die deeg en rol in sirkelvorms uit met ‘n koekroller

Verhit ‘n pan. Smeer ‘n bietjie van die Ghee in die warm pan en bruin die uitgerol de roti aan
beide kante

Herhaal die proses totdat al die deeg verwerk is
 

 

 

Boeber
Boeber – Roer
Sub Titel

Boeber – Roer

Gewildste Resepte