Logo

Winter-kosblik

4 Porsies

Gebak

3

Heleen Meyer het tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt met ons haar kosblik-idees vir heerlike en gesonde winterkos gedeel.

Kosblik-1
Bestanddele

Cecilia’s Farm hawermoutkoekies – die beste ooit:

250 ml koekmeel steengemaal

5 ml bakpoeier

2,5 ml koeksoda

5 ml kaneel gemaal

180 ml bruinsuiker

180 ml botter

1 eier geklits

10 ml vanielje-ekstrak

500 ml hawermout gerol

60 ml amandels gemaal

125 ml amandels gekap

150 Cecilia’s Farm Turkse appelkose of Colourburst™ nektariens

45 ml Cecilia’s Farm rooi bosbessies (Cranberries) of bloubessies (Blueberries)

ClementGold-salsa:

ClemenGold-wiggies

komkommer

feta

kool fyngekap

pampoensaad

Tamatiesop met kekerertjies:

10 ml olyf- of avokado-olie

1 ui fygekap

2 wortels in blokkies gesny

10 ml vars gemmer fyngerasper

4 selderystingels met blare en in skyfies gesny

30 ml origanum of gemengde kruie (gedroog)

2 lourierblare

820 g gekapte tamaties (2 blikkies)

410 kekerertjies gedreineer

4 k water

5 ml suiker opsioneel

2,5 ml sout

suurlemoensap

swartpeper

Metode

Vir die tamatiesop:

  1. Verhit die olie oor matige hitte in ‘n groot kastrol en braai ui, wortels, gemmer en seldery vir ‘n paar minute.
  2. Voeg kruie by en braai vir nog ‘n paar minute. Voeg lourierblare, tamaties, kekerertjies, water en suiker (indien gebruik) by en prut oor ‘n lae hitte vir 30 minute of tot die groente gaar is.
  3. Voeg die sout by en geur na smaak met suurlemoensap en peper. Sit warm voor met of ‘n handevol neute en die ClemenGold salsa.
  4. Sit die sop voor met ‘n lepelvol jogurt, vars kruie soos Italiaanse pietersielie of origanum of skyfies avokado.
  5. Roer oorskiet-vleis soos hoenderrepies of gevlokte vis by die sop vir ‘n vullende ete. Of vervang kekerertjies met enige geblikte bone van jou keuse.

 

Vir die hawermoutkoekies:

  1. Voorverhit die oond teen 180 °C en voer twee bakplate met bakpapier uit.
  2. Sif meel, bakpoeier, koeksoda en kaneel in ‘n mengbak.
  3. Klits die suiker en botter in ‘n aparte mengbak saam tot net glad. Klits die eier en vanielje by.
  4. Roer die meelmengsel, hawermout en gemaalde amandels by die bottermengsel tot ‘n sagte deeg vorm.
  5. Voeg die res van die bestanddele deur. Rol deeg in klein balletjies en druk op die bakplate met jou handpalm plat.
  6. Bak 15-18 minute of tot goudbruin. Laat op ‘n afkoelrakkie afkoel en hou in ‘n lugdigte houer.

 

Wenk:

  1. Voeg enige gedroogde vrugte of neute van die Cecilia’s Farm reeks by die koekiemengsel. Sny groot stukke vrugte in kleiner stukkies en gebruik dieselfde totale hoeveelheid vrugte en neute as in die resep.

Vir die salsa:

  1. Kap alle bestanddele in blokkies en meng saam en meng saam.
  2. Geen slaaisous is nodig nie, want die vrugte se sap is perfek en heerlik geurig daarvoor.
  3. Sit die bestanddele waarvan kinders sal hou in aparte bakkies as jy dit moet inpak en hulle nie die salsa sal geniet nie.

 

Groot Borg: Pharma Dynamics Cooking from the heart Groot Borg: ClemenGold Klein Borg: Cecilia's Farm

 

Die-GROOT-Ontbyt-Eend-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2016-07-14

Eend met persimmon-en-pomelosap-sous

Gewildste Resepte