Logo

Sanet se pretzels

03 Junie

8 Pretzels

Gebak

4

Die Koekedoor Sanet geur haar pretzels met piesang en kaneel. Kry haar resep hier.

Koek-Sanet-Pretzel-1
Bestanddele

Glaseersel

1 eier (geklits met water)

15 ml sout

Kaneeldoopsous

120 g mascarpone

125 ml joghurt (ongegeur)

5 ml kaneel (fyn)

10 ml heuning

2 ml naeltjies (fyn)

Piesangblatjang

8 piesangs (geskil en in skyfies gesny)

85 g rosyne (pitloos)

½ ui (fyngekap)

150 g bruinsuiker

10 ml gemmer (fyn)

200 ml witwynasyn

50 ml bier (Weiss)

Pretzels

330 ml bier

15 ml suiker

10 ml sout

10 g kitsgis

4 k meel

60 g botter

Vir kook

10 k water

160 ml koeksoda

Metode

Pretzels

  1. Verhit bier tot +/- 45°C.
  2. Meng die bier, suiker en sout, sprinkel die kitsgis oor en laat staan vir sowat 5 min. of tot skuimerig.
  3. Sit dit saam met die meel en botter in die bak van ’n elektriese menger met die deeghak aan. Meng op lae spoed tot dit bymekaarkom. Knie nog 5 minute teen mediumspoed tot die deeg elasties is en wegtrek van die bak se kant. Plaas deeg in ’n bak wat liggies met olie gesmeer is. Bedek met kleefplastiek en laat rys vir 1 uur op ’n warm plek.
  4. Verhit die water en koeksoda saam in ’n groot kastrol.Knie die deeg liggies op meelbestrooide oppervlak. Verdeel die deeg in 8 ewe groot stukke en rol elkeen uit in ’n dun wors van +/-50 cm lank.
  5. Maak ’n U-vorm met elke rolletjie, kruis die punte 1 keer en vou die punte terug. Druk dit liggies vas op ronding met koue water. Laat rus sowat 15 minute terwyl jy die oond voorverhit tot 200°C.
  6. Sit die pretzels een vir een in die pruttende koeksodawater vir +/- 1 minuut. Gebruik gaatjieslepel om uit te haal en plaas op ’n gesmeerde bakplaat.
  7. Verf die pretzels met eiermengsel en sprinkel sout oor na smaak. Bak vir 15-20 min. tot goudbruin.

 

Piesangblatjang

  1. Meng al die bestanddele in ’n mediumgrootte pot en kook dit vir 1 ½ uur oor medium hitte. Bottel en verseël die blatjang terwyl dit nog warm is.

 

Kaneeldoopsous

  1. In die bak van ’n staanmenger met die draadhak, klits alle bestanddele tot gemeng en glad.
  2. Bedien pretzels saam met blatjang en kaneeldoopsous.


(Hierdie resep is eksklusief tot kykNET en die bakboek Koekedoor 2. Dit mag slegs met die toestemming van kykNET en Human & Rousseau gepubliseer word, hetsy elektronies of in druk.)

 

Gewildste Resepte