Logo

Nix se breezy-caprese-groente-quiche

Gebak

4

Nix was in die groentetuin-tert-episode onder die top-3 met haar Mediterreense groente-quiche. Dit was veral haar retro-versiering en die besonder lekker kors wat vir Mari-Louis beÏndruk het.

 

Koekedoortjie
Bestanddele

200 g meelblom

200 g cheddarkaas gerasper

200 g botter nog koud en in blokkies gesny

1 e koue water

1 groot groen soetrissie

1 groot rooi soetrissie

8 kersietamaties

balsamiese asyn

bruinsuiker

buffelsmelk-mozzarellakaas

swart olywe

basieliekruidblare

100 ml basieliekruid-pesto

balsamiese reduksie

200 ml room

2 eiers

1 eierwit

sout

peper

Metode

Nix vertel haar oupa is mal oor caprese-slaai en haar ouma oor souttert. “Hulle is van my grootste inspirasie vir my gebak en motiveer my op alle gebiede. Ek is ongelooflik lief vir hulle en weet nie wat ek sonder hulle sou doen nie.”

Krediet: Errieda du Toit, Koekedoortjie-inhoudsvervaardiger

  1. Skakel die oond se rooster-element aan.
  2. Vir die kors: meng yskoue botter, meelblom en kaas in ’n voedselverwerker tot heeltemal gemeng. As dit te krummelrig is, voeg bietjie water druppel vir druppel by. Jy moet dit in die pan kan vasdruk. Vorm ’n plat sirkel met die deeg en plaas in yskas vir 20 min.
  3. Sit kersietamaties op ’n bakplaat en bedruip met ’n klein bietjie balasamiese asyn en bruinsuiker.
  4. Sny die groen en rooi soetrissies in kwarte en verwyder die pitte.
  5. Plaas op ’n bakplaat met olyfolie.
  6. Sit die twee plate onder die rooster-element tot die skil van die soetrissies swart is, en die tamaties effens gerooster is.
  7. Stel die oondtemperatuur af na 180 °C. Plaas die soetrissies in n toerits plastieksakkie en laat sweet vir 10 min.
  8. Teen hierdie tyd behoort jou deeg ferm genoeg te wees. Smeer ’n langwerpige losboom quiche-pan en druk die kors eweredig vas teen die boom en die kante.
  9. Sodra die oond afgekoel het, bak die kors blind vir 5 minute. Haal dit uit, smeer met eierwit en sit terug in die oond vir drie minute. Dit voorkom dat die onderkant sag word. 
  10. Haal die soetrissies uit die sakkie en vryf die skille af. Sny in lang skyfies en sny jou mozzarella-kaas in blokkies.
  11. Wanneer die deeg effens afgekoel het, smeer ’n dun lagie basiliekruidpesto oor die kors
  12. Begin nou ’n patroon te pak.
  13. Pak kruise met die rooi en groen soetrissie-repe. In die vier openinge wat gevorm word deur elke kruis, pak onderskeidelik:
    1. ’n kersietamatie,
    2. ’n olyf,
    3. ’n stukkie mozzarella,
    4. ’n basiliekruidblaar (indien nie beskikbaar nie, gebruik ’n skeppie basielkruidpesto).
  14. Voltooi die patroon tot die pan vol is.
  15. Steek die olyf, kaas, tamatie, en basiliekruid met tandestokkies vas sodat dit nie beweeg wanneer jy die eiervla oorgooi nie.
  16. Klits room en eiers saam, en geur met sout en peper. Gooi dit baie versigtig oor die agterkant van ’n lepel in die kors. Wees versigtig dat die vulsel nie skuif nie, en maak seker dat die vulsel steeds wys – moet dus nie te veel eiervla ingooi nie.
  17. Plaas die pan in die oond en bak tot eiervla gestol is, sowat 25 minute.
  18. Haal uit die oond en laat afkoel tot kamertemperatuur. Verwyder die tandestokkies.

Opdiening:
Haal die quiche uit die pan en sit op ’n mooi houtbord. Drup balsamiese reduksie oor en versier met kersietamaties aan die tak, sowel as ekstra takkies basielkruid.

Die-GROOT-Ontbyt-2-1
Suidpool-sneeupieke
2018-04-11

Suidpool-sneeupieke

Gewildste Resepte