Logo

Mielie-en-kaas-bierbrood

4 Porsies

Gebak

3

Sjef Maritha Steyn het tydens ’n uitsending van Die GROOT Ontbyt gewys hoe om vinnig 'n mielie-en-kaas-bierbrood voor te berei.

Die-GROOT-Ontbyt-6-1
Bestanddele

Bierbrood:

500 ml bruismeel

5 ml sout

1/2 k mieliepitte

1 blikkie bier

15 ml grasuite

100 g kaas

100 g botter

Konfyt:

500 g spek

3 rooi uie

3 huisies knoffel

60 ml balsamiese asyn

60 ml rooiwyn-asyn

200 ml bruinsuiker

500 ml rooiwyn

5 ml sout

15 ml Worcester-sous

Metode

Vir die bierbrood:

  1. Voorverhit oond teen 180 °C.
  2. Meng droë bestanddele saam en voeg mieliepitte, grasuie, kaas en bier by. Meng goed.
  3. Plaas in 'n gesmeerde broodpan. Giet 'n bietjie botter oor die ongebakte brood.
  4. Bak vir sowat een uur – afhangende van die grootte van jou pan.

 

Vir die konfyt:

  1. Kap die spek fyn en voeg in 'n groot pot oor hoë hitte.
  2. Voeg uie by en braai tot deurskynend.
  3. Voeg knoffel, balsamiese asyn en rooiwyn-asyn by en roer.
  4. Meng suiker, rooiwyn, en sout by. Bring tot kookpunt en roer totdat suiker oplos.
  5. Laat die mengsel prut vir sowat 35 tot 40 minute totdat 'n dik stroop vorm.
  6. Voeg nou die Worcester-sous by en kook vir 'n verdere drie tot vyf minute
  7. Laat afkoel en plaas in gesteriliseerde botteltjies. Stoor in yskas.
Die-GROOT-Ontbyt-2-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2016-08-29

Artisjok met hollandaise-sous

Gewildste Resepte