Logo

Maklikste viskoekies

Lewer 25 koekies

Gebak

4

Koskonsultant Heleen Meyer het tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt, die resep voorgesit. Dié gereg is aangepas uit Cooking from the heart 1 en is ideaal vir die kosblik. Foto: Heleen Meyer

Groot Ontbyt_16 Okt
Bestanddele

400 g blik sardyne (in tamatiesous)

2 wortels (grofgerasper)

60 ml volkoringmeel (steengemaalde)

2 groot Nulaid-eiers (geklits)

125 ml hawermout (rou)

60 ml blatjang of tamatiesous

60 ml gekapte vars kruie (Italiaanse pietersielie en koljander)

5 ml koljander (gemaalde)

15 ml suurlemoensap

2,5 ml sout

swartpeper na smaak

15-30 ml olyf- of avokado-olie vir braai

Metode

1. Plaas die vis, met die sous in die blik, in ’n groot mengbak en druk dit fyner met ’n vurk.
2. Roer die res van die bestanddele, behalwe die olie, by en meng goed deur. Die beslag is redelik loperig. Geur na smaak.
3. Verhit ’n dun lagie olie oor matige hitte in ’n braaipan (’n AMC 28 cm Chef’s Pan werk uitstekend). Skep lepelsvol van die mengsel in die pan en braai vir 3-5 minute tot goudbruin aan die onderkant en effens gestol bo-op. Draai om en braai nog ’n paar minute of tot goudbruin en gaar.
4. Dreineer op kombuispapier en herhaal met die res van die mengsel en nog olie, soos benodig. Hou die viskoekies warm.
5. Sit vir aandete met slaai en groente van jou keuse voor. Of laat heeltemal afkoel en hou dit vir kosblikke.

Wenk
1. Gebruik sardientjies, in plaas van sardyne, as julle lief is daarvoor. Gebruik dieselfde hoeveelheid vis (sowat 3 x 120 g-blikkies) met die vloeistof. As die mengsel te droog is, voeg nog ’n eier of ’n bietjie water by.

 

 

Kosblik_11 Oktober
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2017-10-10

Pan-omelet met mielies, ertjies en kaas

Gewildste Resepte