Logo

Appeltert

13 Desember

Gebak

4

Tydens ’n uitsending van Edik van Nantes 3 is daar gewys hoe maklik dit is om dié appeltert voor te berei. 

Edik-van-Nantes-Appeltert
Bestanddele

6 medium rooi appels

3 velle skilferkorsdeeg

appelkoos-, perske-, of roosbottelkonfyt ’n kwart potjie

2 e suiker

botter

versiersuiker

Metode
  • Sny die appels in kwarte, en verwyder die pitte en stingel.
  • Sny elke kwart in die dunste moontlike snye.
  • Hou in ’n bak water met suurlemoensap, en droog af voor gebruik.
  • Sny die deeg in ongeveer 3 cm breë repe, tussen 10 en 20 cm in lengte.
  • Meng die konfyt met 1 eetlepel suiker en verf een kant van elke reep deeg met ’n lagie konfyt
  • Met die skilkant na bo, plaas ’n skyfie appel op ’n reep deeg in die lengte (die helfte van die skyfie moet bo die deeg uitsteek).
  • Plaas skyfies wat oor mekaar vleg die volle lengte van die reep deeg, en rol versigtig op.
  • Smeer ’n 28 cm tertbak met botter en rangskik die appel-en-deeg-rolle daarin.
  • Strooi met oorblywende suiker en verf met nog konfyt indien verlang.
  • Bak in die oond teen 180 ˚C vir 30 minute.
  • Besprinkel met versiersuiker en bedien onmiddellik.
EdikvanNantesResep
Edik van Nantes Kie About
2017-11-15

Matrooskoek

Gewildste Resepte