Logo
Nataniël. Erik. Wolf.
web uni tv guide

Nataniël. Erik. Wolf.

144LeefstylPG

Trend: Wat is nuut en happening?

Nuus
01 Julie 2022
Lees meer oor die splinternuwe program!
Trend

Trend is ’n nuwe leefstylprogram op kykNET NOU! vir die jongklomp. Wil jy weet wat die nuwe trends is? Onderhoude sien met bekendes? Selfs weet wat om te maak as ’n cyber bully op jou spoor is? Dan is Trend vir jou. Dié op-en-wakker leefstylprogram begin op Donderdag 7 Julie om 18:00 op kykNET NOU! (DStv-kanaal 146).

Die program word aangebied deur Lisa van Rooyen, alombekend as Lisa met die Rooi Hare.

“Ek is so excited vir mense om Trend te sien,” sê Lisa. “Dit bring die fokus weer terug na die jonger generasie en die program is vir hulle gemaak.”

“Ons oorwegenede teikenmark is vir mense tussen 13 en 23 jaar oud,” sê Theuns Smith, die lynvervaardiger van Trend. “Ons hoofuitgangspunt met die program is as volg: Ons maak vir jou TV in Afrikaans, want jy leef en kommunikeer in Afrikaans, maar jou wêreld is nie net Afrikaans nie.”

“Ons gaan op die program dekking gee aan verskillende kulture en verskillende kunstenaars in verskillende tale sodat die kyker nie net plaaslike nuus kry wanneer dit by vermaak, speletjies en musiek kom nie, maar alles soos dit deur sosiale media gedek word.”

Daar word ook in elke program besoek by ’n ander skool afgelê wat kan spog met van hulle slimkoppe tot hulle rugbyspelers.

“Van die bekendes wat ons by gaan kuier, sluit in Franja du Plessis en Peach van Pletzen asook die social media influencers Tjekit Kwagga en Uleen Fourie. Ander wêrelde word ook oopgemaak met instelsels oor paintball, lazer tag, go-karting, skateboarding en nog meer,” sê Theuns.

“Ek hoop dat Trend vir jong mense sal voel of dit hulle nie net inlig oor die coolste en nuutste trends nie, maar dat dit ook vir hulle ’n escape kan wees waar hulle net vir ’n halfuur kan relax en die show saam met ons kan geniet,” sê Lisa.

Trend word Donderdae vanaf 7 Julie om 18:00 kykNET NOU! (DStv-kanaal 146) uitgesaai.