Logo
Die brug S1 Slim BB

Só spandeer "Die brug"-spelers hul kosbare tyd

Nuus
08 November 2023
Die spelers vertel wie is hul gunsteling mense om tyd mee te vertoef!
die brug

Kykers van Die brug op kykNET sien nou hoe die spelers deel geword het van ‘n gesin wat uit 12 lede bestaan. Die spelers moes noodgedwonge al hulle tyd met dié persone spandeer tydens verfilming, maar wie is elkeen van die spelers se hartsmense?

kykNET se digitale span het gaan uitvind wie die spelers se gunsteling mense is om mee kwaliteit-tyd te spandeer.

Jamie Le Roe

"My kids, familie en vriende."

 

Iana Strydom

"Familie, my kêrel en vriende."

 

Marna Grobler

"Mense wat voel soos sonskyn wat voluit leef en wat my challenge."

 

William Walters

"My lewensmaat, Sumé: Sy is die teenoorgestelde van my, so ons raak nie verveeld met mekaar nie en my vriend, Zach wat tans Australië toe verhuis het. Ek verlang na hom met als binne my. Ons doen alles saam."

 

Robert Kruger

"Mense wat opbouend is en wat dieselfde belangstellings as ek het."

 

 

Sam Marais

"Self-aware mense. Die diep-dinkers met so paar scars op die hart. Die mense wat uit-nerd op Brené Brown en die kleure van die sunset."

 

Nonnie Geldenhuys

"My man. My ma en my sussie. En 'n vriendin saam met wie ek werk."

 

Tina Linder

"My kinders."

 

Geo Botha

"My familie, mense wat ander uplift en positief is. Ek kan negatiwiteit en selfbejammering nie verdra nie."

 

Larry Alcock

"My familie, beslis."

 

Avril Albetti

"'n Lekker mal spannetjie."

 

Skakel elke Donderdag om 20:00 in op kykNET, kanaal 144 vir Die brug en gesels saam op Facebook, X, Instagram en TikTok deur die hutsmerk, #DieBrug te gebruik.