Logo
Die brug S1 Slim BB

#DieAvonturier #DieBrug_Iana

Die Avonturier

Iana Strydom (24) is van Fairland, Johannesburg, en ’n inhoudskepper en reisbeïnvloeder. Sy is die avonturier in die groep. “As jy vaskyk in dit wat jou bang maak, gaan jy nêrens kom nie,” sê sy.


Iana is ’n bondel energie, positiwiteit, ywerigheid en humor. Sy is ’n voltydse reisbeïnvloeder met ’n onversadigbare lus vir adrenalien. Sy bring die meeste van haar tyd op avonture saam met haar kêrel, Ruan, deur. Iana het ’n BSc-honneursgraad in geografie en omgewingswetenskappe en was besig met haar meestersgraad toe haar sosiale media vlam gevat het en sy moes besluit wat sy gaan doen. Sy het haar loopbaan as aanbieder van TV-programme begin, maar nou bestaan haar lewe uit die skep van gehalte-inhoud – nie net vir haar eie sosiale media nie, maar ook vir bekende handelsmerke. Dit behels die verfilming van sosiale media en die redigering daarvan. Alles draai om aktiwiteite, plekke en dinge om te doen, te waag, te sien, te beleef. Sy is jonk, maar nie sonder sterk eie menings nie. Iana het sterre in haar oë, maar is ook hardwerkend. Sy wil lei en risiko’s neem en Die brug wen. Al wat in haar pad staan, is die ander spelers.
 

Die brug Arnold Bosman
Die brug William Walters
Die Brug Iana Strydom