Logo
Die brug S1 Slim BB

#DieDenker #DieBrug_William

Die Denker

William Walters (32) is van Vredenburg in die Wes-Kaap en is ’n kommersiële duiker. Hy is die strateeg. “Moet nie aan ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie. Hanteer ander met respek en as iets soortgelyks nie terugkom nie, is dit nie nodig om skuldig te voel nie.”


William is, benewens ’n kommersiële duiker, ook ’n persoonlike afrigter in sy vrye tyd. Sy werk behels bote skoonmaak, duik vir mossels en siviele herstelwerk. Hy is ongetroud, maar is al 12 jaar in ’n verhouding met sy lewensmaat. Hulle is ouers van ’n 11-jarige seun. William werk gereeld met mense, funksioneer goed in ’n span en kan maklik die posisie van leier inneem. Hy kan hard werk en is eerlik, nederig en gedissiplineerd. Die lewe was al vir hom moeilik, en hy het besef alles gaan eintlik oor hoe jy reageer wanneer jy op jou laagste is. Hierdie ervarings het hom gewys hoe sterk hy eintlik is. William wil Die brug wen, want hy wil trou, sy seun trots maak en vir sy gesin ’n goeie lewe bou. Hy wil homself bewys en die ervaring ten volle benut om sterker aan die ander kant uit te kom.
 

Die Brug Iana Strydom
DIe brug Marna Grobler
Die brug William Walters